Patient brochures
Pulse – from a chaotic rhythm to a normal heart beat.
In this booklet aimed at patients, we explain the most common arrhythmias, we take you on a tour to the special EP theatre, and we explain the treatment options including cryoballoon ablation and RF ablation, pacemakers and more.
PULSE – The English version in PDF format for download.
Hartklop – Die Afrikaanse weergawe
Hartboek Afrikaans in PDF formaat.
Nota
Let op na die volgende verdere feite oor enkele aspekte in die boekie:
Bladsy 14:
- Hoe veilig en suksesvol is krioballon-ablasie?
Krioballon-ablasie is net so veilig, akkuraat en effektief as radiofrekwensie-ablasie. Daar is wel minder skade aan die gesonde weefsel in die hande van ‘n vaardige en kundige spesialis.. Op die ou einde hang die veiligheid en effektiwiteit van die prosedure meer af van die vaardigheid van die spesialis as die tegnologie. Die tegnologie maak wel meer dinge makliker en moontlik, maar die vaardigheid van die spesialis is die bepalende faktor. - Ter beskerming van die pasiënt:
Dr. Gopal is van mening dat dit wenslik is dat ‘n kardioloog met bykomende elektrofisiologie-opleiding die beste persoon is om ‘n ablasie-prosedures veilig uit te voer. Ongelukkig moet die meeste van hierdie opleiding in hierdie stadium nog in die buiteland geskied omdat die opleiding van elektrofisioloë nie altyd vrylik en in voldoende volumes in Suid-Afrika beskikbaar is nie. Soos met alle ander spesialis- en superspesialisrigtings, is dit belangrik dat ‘n elektrofisioloog-in-opleiding voldoende hoeveelhede ablasies onder toesig en later op sy eie doen om seker te maak dat hy kundig en vaardig is, maar te lae volumes prosedures onder toesig in opleidingsentra is tans nog ‘n probleem in Suid-Afrika. Die beginsel wat geld, is eenvoudig: hoe meer mens ‘n ding doen, hoe beter is die kans dat jy dit goed doen. Dit geld ook vir chirurge: ‘n chirurg wat baie gereeld ‘n operasie of prosedure doen, is beter vertroud met die slaggate en weet presies wat om wanneer te doen, en hoe om sy vaardighede skerper te slyp.
Bladsy 15:
Wat is Radio-frekwensie-ablasie?
Let op dat radiofrekwensie-ablasie met goeie sukses in die behandeling van alle hartritme-defekte, insluitend atriale fibrillasie, ingespan word. Veral die nuwe multi-skoot RF- ablasie tegnologie maak nuwe moontlijkhede oop vir die behandeling van persisterende atriale fibrillasie. Die Kaapstad AF sentrum was die eerste in die land, in Afrika en die Midde-Ooste om die nuwe multi-skoot ablasie-prosedure uit te voer.