1e in SA: Piepklein EKG monitor ingeplant

19th February 2015

24 June 2014. – Esther Esterhuizen (55) van Beaufort-Wes, het Vrydag die eerste mens buite die VSA, Engeland en enkele lande in Europa – waar die nuwe monitor tydens die studie-fase getoets is – geword in wie ‘n nuwe piepklein EKG monitor ingeplant is. The Good Doctors was daar en het foto’s geneem.

Die piepklein toestel is so dun soos ‘n potlood, en kan jou EKG deurentyd monitor – selfs tot so lank as drie jaar – terwyl jou kardioloog enige tyd op sy rekenaarskerm jou hartfunksie kan dophou. So kan veral hartritme-defekte wat nie deurentyd voorkom nie, vroeg opgespoor word juis terwyl dit nog sporadies is.

Die toestel is deur Dr Razeen Gopal, hoof van die Cape Town AF Centre in die Panorama Mediclinic, ingeplant.
Luister op www.rsg.co.za na die klankgreep van die kort verslag oor die inplanting.